Bergrivier Aanbidding Sentrum

met
Dr. Christopher & Comien Horn


Ons is in Velddrif

Velddrif is 'n klein dorpie in die Bergrivier Munisipaliteit, Weskus Distrik, Wes-Kaap Provinsie in Suid-Afrika. Dit is ongeveer 160 kilometer noord van Kaapstad, ongeveer twee kilometer vanaf die monding van die Bergrivier in die Atlantiese Oseaan. In 2011 het die stad 11 017 inwoners gehad. Die naam Velddrif het ontstaan toe 'n boer, Theunis Smit, sy vee op 'n stuk grond (afrikaans: veld) aan weerskante van die Bergrivier bewei het en die diere via die dak van die een kant na die ander beweeg het (afrikaans: drif) . In 1899 is daar is 'n veerboot met die hand gebou om goedere te vervoer oor die rivier. Met die oprigting van 'n inmaakfabriek aan die begin van die 20ste eeu, het hierdie nedersetting ontstaan wat amptelik in 1946 Velddrif genoem is en in 1960 stadstatus gekry het. Op hier die dag is Velddrif bekend vir sy vishandel en die bekende "Bokkomlaan" is 'n groot toeriste aantrekking.


Ons Kerk Gemeenskap

Ons is die vriendelike gemeente in die hartjie van die Weskus.
Ons hou elke Sondag diens om 9 uur die oggend.
Die adres is Dippenaarslot, Kerkstraat 27, Veldrif-industriële area (oorkant Velddrif/N7 Bande)
Bespreking is noodsaaklik.
Ons mag net 60 persone per diens akkommodeer (Covid-19)
Covid-19 regulasies kan weekliks verander en moet gehandhaaf word.
WhatsApp: 082 856 8410


Waarom is ons hier?

Bergrivier Aanbidding Sentrum is 2020 gebore nadat verskeie mense ‘n behoefte uitgespreek het vir ‘n plaaslike pinkster gemeente. Pastoor Christopher en Comien Horn het in Velddrif kom “aftree” nadat hulle 14 jaar en 3 maande by PPK Lakeside herderspaar was. (Voorheen het hul 11 jaar 'n bendebediening op die Kaapse Vlakte gehad.) Ons sien uit na 'n mooi toekoms met nuwe herinneringe van Bergrivier Aanbidding Sentrum.
Kom en sluit aan!




Bemoedigende boodskap

advertensie


~ Jeug Projek ~

Ons JEUG se pragtige projek oor wat die Covid tydperk aan hulle doen