Nuusbrief Juni 2025
Kan jy glo dat nog ‘n maand bykans verby is, die tyd gaan nou so vinnig verby dat ons dit
amper nie besef nie. As dit nie vir die koue was wat ons in die oggend en aand begin voel
nie sou ons, ons seker misgis het met die tyd. Nuusbrief April 2025
Met diep dankbaarheid en 'n hart vol vreugde rig ek my dank aan julle, ons geliefde
gemeente. Ons het onlangs 'n merkwaardige mylpaal bereik—die opening van ons nuwe
kerkgebou. Hierdie seëning sou nie moontlik gewees het sonder julle onwrikbare
ondersteuning, toewyding en liefde vir mekaar nie.
Dit is reeds ons tweede maand in die nuwe gebou en nog staan ons verstom oor wat God
vir ons gedoen het en nog gaan doen. Die opening van die nuwe gebou was ʼn groot
sukses en steeds kan mense nie uitgepraat raak oor die opening en die mooi gebou nie.
Ek is trots om te kan sê dat dit elke gemeente lid se gebou is en ek wil dit so uitroep!!!!!
Elke finansiële bydrae, elke gebed, elke gelukwensing en elke daad van vriendelikheid het
'n verskil gemaak. Julle het nie net ‘n gebou help oprig nie, maar ook 'n geestelike tuiste
waar ons geloof verder kan groei en ons gemeenskap kan floreer.
In die Gemeente gaan dit goed met ons lidmate alhoewel ons elkeen maar ons eie
omstandighede en kwellings het, maar ek het geleer dat deur dit alles bly God getrou as
ons as mens getrou aan Hom bly. Daarom moet nooit moed verloor nie verkondig altyd
“Dat in die omstandighede gaan dit goed” sodra ons verkondig “Dat onder die
omstandighede gaan dit goed” het ons klaar die stryd verloor. Ek wil vandag ieder en elk
wat in negatiewe omstandighede vasgevang is, of daarin leef uitdaag om daardie
omstandighede aan te spreek in die naam van ”Jesus” en ek weet Hy sal u voorsien van ʼn
uitkoms of oplossing.
Ek beleef ook ‘n Geestelike groei onder ons gemeentelede, want dit is opmerklik in
gesprekke wat ek van mense hoor en ook in die wyse hoe hul optree. ‘n Goeie voorbeeld
van geestelike groei was te sien gedurende die afgelope Pinkster-week, nie net aan die
sprekers nie maar ook aan deelname en die insette wat deur die bywoners gelewer is.
Ons geestelike groei word ook gebou en uitgebrei deur “Power Hour.” Power Hour bring
ook meer insig en verstaanbaarheid van die Woord in ons geestelike lewe. Ek wil
aanbeveel dat Power Hour deel word van ons bywoning van die onderlinge byeenkomste
waarvan die Woord praat.
Dankie vir die liefde wat julle vir mekaar toon, die gedeelde hoop en die manier waarop
julle mekaar versterk op hierdie pad van geestelike groei. Ons nuwe kerkgebou is 'n
sigbare getuienis van God se genade en van 'n gemeente wat saamstaan in geloof.
Die finansies van die gemeente het ʼn merkbare afname getoon en baie grondige redes
kan daarvoor aangevoer word. Groot bedrag geld is gespandeer aan ons nuwe gebou wat
nodig was. Tog wil ek ‘n beroep op u as gemeente maak om getrou u bydraes te gee,
aangesien die KERK verantwoordelikhede en verpligtinge het om na te kom. Onthou dit
is ons almal se KERK en saam kan ons die laste ligter maak.
‘n Gemeente se sukses word nie bepaal of gemeet aan die getal lidmate of finansies nie,
maar aan die Geestelike groei van die Gemeente. Daarom is dit so belangrik dat ons,
ons toerus en versterk met kennis van die Bybel.
Weereens dankie vir almal se ondersteuning en liefde nie net aan my en my gesin nie,
maar ook onder mekaar.
Mag die Here ons ryklik seën en hierdie nuwe seisoen vir ons as gemeente vul met sy
teenwoordigheid en leiding.
Groete en liefde vanuit die Pastorie.
Hallo Vriende
Die eerste kwartaal van 2025 is verby en die tweede kwartaal het al reeds begin. Dit is net verstommend hoe die dae verby vlieg en elke dag sê ek “môre sal ek dit doen”. Nou begin ek ook meer besef wat die gesegde “Van uitstel kom afstel” beteken. En glo my daar is baie belangrike dinge wat ons elke dag uitstel sonder om te besef watter negatiewe impak dit op ons lewe kan hê.
As ek as Herder van BAS terug kyk na die eerste kwartaal van 2025 dan wil ek onmiddellik dankie sê vir baie mense wat die kwartaal op verskillende gebiede ‘n sukses help maak het. Ek glo ons het baie bereik en baie gedoen wat ons beplan het. Ek is oortuig in my hart dat GOD trots is op ons oor wat ons in ‘n sekere mate bereik het.
Hiermee saam glo ek ook in my hart dat GOD ook hartseer is oor dinge wat ons nie behaal, bereik of gedoen het nie. Volgens my oordeel [nie veroordeel] het ons GOD op verskeie plekke en gebiede in die steek gelaat. Ons Bidure, Powe Hour, Vrou met ʼn Visie en nog ander byeenkomste was soms swak ondersteun en bygewoon alhoewel die Gemeente Kuier en Fonds Insamelings ‘n groot sukses was. Ek glo baie van u het goeie rede of verskoning oor hoekom u dit nie kon/kan bywoon nie, maar tog wil ek vra dat die verskonings nie in die pad van u saligheid moet staan nie. Ek wil hê dat u as gemeente moet weet om wedergebore christen te wees nie net uit kerk toe gaan bestaan nie, daar is soveel ander opdragte in die WOORD wat ons opgelê word om te doen en na te kom, en dit alles bepaal hoe suksesvol ons vir GOD was. So ek vra mooi dat u die dienste bywoon en ondersteun die aktiwiteite wat aan gebied word, ek en u is nooit te oud om te leer nie.
Die bou van die nuwe kerk was 'n groot voorreg en ons is God dankbaar vir dit wat ons bereik het deur Sy genade die afgelope 5 jaar. Die nuwe kerk is groter en gee plek vir nog meer gelowiges. Die opening van die nuwe Kerksaal was op 4 mei 2025. Een indruk van hier die gebeurtenis kan u hier terugkyk.
Die afgelope kwartaal was daar baie siekte in die gemeente en glo my baie was ernstig siek, maar deur gebed is hulle deurgedra. GOD luister na SY kinders wat HOM in waarheid en opregtheid aanroep en aanbid. Vir die wat herstel het is ons bly en vir die wat nog aansterk dra ons steeds aan die HERE op. Ons moet leer om nooit moed te verloor nie al lyk en voel dit hoe donker GOD sal ons deurdra.
Ek wil graag ‘n versoek rig dat as u van ʼn persoon weet wat by ons in die gemeente is, wat in die hospitaal opgeneem is of siek is by die huis, en u het ‘n spaar oomblik wil u nie net graag so ‘n persoon gaan besoek of net skakel nie. Glo my dit is altyd lekker om te weet ander stel in jou belang as jy siek is, wie weet miskien is dit u bediening om siekes te bemoedig.
Die tweede kwartaal van 2025 gaan net so besig wees vir die werk van die HERE soos die eerste. Ek vra vroegtydig en ek maak staat op almal se samewerking, onthou net in die gemeente is die een nie belangriker as die ander een nie. Ons word almal gemeet aan wat ons vir die HERE doen en daarom ”JY SAL KRONE ONTVANG IN DIE HEMEL.” Ons gaan ‘n vol program hê wat alreeds “PAAS NAWEEK” begin ook daarin vra ek vir u samewerking en u ondersteuning en so ook vir die res van die kwartaal en wat nog mag volg.
Kom vriende moenie dat ons nou lam word vir die werk van die HERE nie, moenie toelaat dat jy beroof word van alles waaraan en waarin jy geglo het nie. Moenie toelaat dat satan jou beroof van jou blydskap nie, ek en jy moet blydskap hê en behou in goeie en slegte tye. Ons word net van ons blydskap beroof as ons dit toelaat, en deur kerk aktiwiteite en onderling byeenkomste te verwaarloos laat ons satan toe om ons van ons blydskap wat ons in JESUS gevind het te beroof.
Ons is opgewonde oor ons nuwe kerk en ons dank God vir dit. Alle lof en eer kom God toe want Hy het die nuwe gebou (kerk moontlik gemaak) U kan gerus gaan kyk hoe lyk die gebou en hoe dit vorder en terwyl u daar op die perseel is kan u ook sommer God loof en prys vir wat hy vir BAS gedoen het en nog gaan doen in die toekoms. Die voorlopige open van die nuwe gebou is Sondag 4 Mei 2025.
Ek glo dat ons as gemeente ’n wonderlike tweede kwartaal gaan beleef, waarin GOD se voorspoed, vreugde en blydskap ons gaan oorweldig.
Groete en Liefde
Christopher, Comien en kinders