nuus


Sondag Oggend Diens

U is van harte welkom om die diens by te woon in ons kerkgebou vanaf 09:00.
Bergrivier Aanbidding Sentrum is 'n plek waar jy Jesus kan ontmoet net soos jy is, wedergebore word en 'n verskil kan maak in die wêreld. Ons glo daarin om ruimte te skep waar mense nie net mekaar, maar veral die Here beter kan leer ken en dien.
Covid-19 rgulasies geld.


Sondagskool

Voorskool tot 7 jaar en 8 tot 12 jaar klassies tydens die oggenddiens.
Die doel van die Sondagskool is om ouers te ondersteun in hul taak om hul kinders in die Woord van die Here te skool en ‘n lewenswyse van dissipelskap te kweek.

Onderwysers word op ‘n vrywillige basis gebruik en is elke Sondag aan diens.

Registrasie is nie verpligtend nie. Kinders kan net aansluit by die groep.


Maandae Vroue Bybelstudie

U is van harte welkom vanaf 10:00 om ons vroue Bybelstudie by te woon in ons kerkgebou.
Die pad na God se hart en die pad hemel toe, is vir ons almal maar ‘n onbekende en vreemde roete en daarom moet ons die padkaart wat God in ons hand gegee het, die Bybel, elke dag sorgvuldig bestudeer om seker te maak dat ons gedurigdeur op Sy beplande roete bly en uiteindelik ons bestemming veilig bereik.


Gemeente Biduur

Elke Dinsdagaand om 19:00 verkeer ons saam om die Woord van God en daarna bid ons vir ons mense wat siek is, werksaamhede in die gemeente, gebeure in die land en wêreld asook enige ander aktuele sake of gebedsversoeke wat ons ontvang het.


Alkoholiste Anoniem

Woensdagaande 19:00 by die Kerk.
AA het miljoene mense gehelp sedert dit in 1935 gestig is. Dit is ontwerp om deelnemers te help om onthouding van alkohol te vind en in stand te hou. Dit is gratis om by te woon en vergaderings word in ons Kerk gehou. Die enigste vereiste om by AA aan te sluit, is 'n begeerte om op te hou alkohol drink. Die program beklemtoon 'n hoër mag wat elke lid op eie manier kan definieer. Die eerste stap van die program is dat jy magteloos is oor jou alkoholgebruik en dat jou lewe onbeheerbaar geword het. Van hierdie punt af is, kan AA begin, herstel kan begin.


Gemeente & Gemeenskap Opleiding

Op alternatiewe Maandae om 19:00 gee ons opleiding in verskillende Bybel gerigte vakke. Die dosente beskik oor groot kennis en ervaring in hul vakgebiede.
Enige navrae kan ons gekontak word via epos of een van die selfoonnommers.
Hierdie sprekers het nie net almal ‘n groot getuienis van redding nie, maar dien God met oorgawe en passie. Hulle lewens is verbind tot Jesus Christus.
Hierdie opleiding is kosteloos.


Jeug Byeenkomste

Ons bied jeug byeenkomste aan op Vrydae van 16:00 tot 20:00.
Die adres word net elke week aangekondig.
Ons bied hierdie byeenkomste aan vir die volgende leeftyd groepe:
8 tot 12 jaar van 16:00 tot 17:00
13 tot 18 jaar van 18:30 tot 20:00
Onderwysers word op ‘n vrywillige basis gebruik en is elke Vrydag aan diens.
Navrae oor dit kan gerig word aan Carin via WhatsApp op nommer 071 870 1804
Registrasie is nie verpligtend nie. Jeug kan net aansluit by die groep.

advertensie