nuus


Sondag Oggend Diens

U is van harte welkom om die diens by te woon in ons kerkgebou vanaf 09:00.
Bergrivier Aanbidding Sentrum is 'n plek waar jy Jesus kan ontmoet net soos jy is, wedergebore word en 'n verskil kan maak in die wêreld. Ons glo daarin om ruimte te skep waar mense nie net mekaar, maar veral die Here beter kan leer ken en dien.




Sondagskool

Voorskool se klassies is tydens die oggenddiens.
Die doel van die Sondagskool is om ouers te ondersteun in hul taak om hul kinders in die Woord van die Here te skool en ‘n lewenswyse van dissipelskap te kweek.

Onderwysers word op ‘n vrywillige basis gebruik en is elke Sondag aan diens.

Registrasie is nie verpligtend nie. Kinders kan net aansluit by die groep.

sondagklas




biduur


Gemeente Biduur

Elke Dinsdagaand om 19:00 verkeer ons saam om die Woord van God en daarna bid ons vir ons mense wat siek is, werksaamhede in die gemeente, gebeure in die land en wêreld asook enige ander aktuele sake of gebedsversoeke wat ons ontvang het.




Gemeente & Gemeenskap Opleiding

Op alternatiewe Maandae om 19:00 gee ons opleiding in verskillende Bybel gerigte vakke. Die dosente beskik oor groot kennis en ervaring in hul vakgebiede.
Enige navrae kan ons gekontak word via epos of een van die selfoonnommers.
Hierdie sprekers het nie net almal ‘n groot getuienis van redding nie, maar dien God met oorgawe en passie. Hulle lewens is verbind tot Jesus Christus.
Hierdie opleiding is kosteloos.

opleiding


plaasbediening


Sateliet Kerk | Plaasbediening

Linda en Johan het hierdie behoefte geïdentifiseer en in gehoorsaamheid begin. Na 2de diens was lokaal te klein. Plaaseienaar het vir hul ñ groter perseel beskikbaar gestel en ons het ñ donasie van 24 stoele ontvang wat hul gaan gebruik. Bid asb saam vir hierdie bediening. Daar is uitdagings, maar ons weet dat die Here ook hier is en dat Sy wil sal geskied.




Vroue met 'n Visie'

Is 'n geleentheid waar vroue saamkom om die Bybel te bestudeer, geestelik te groei, en mekaar te ondersteun. Hierdie groep fokus op temas wat spesifiek en relevant is vir vroue. “Vroue met ʼn Visie” bied vroue die geleentheid om saam te leer, te groei, en by mekaar se geestelike lewens in te skakel. “Vroue met ʼn Visie” sal ʼn verrykend ervaring wees.

“Jy is 'n' Koningskind en 'n' Prinses in Sy diens.”
Alternerende Maandae 10:00 en 18:00

vroue met visie


powerhour
powerhour


Power Hour

Is 'n proses waarin ons die Bybel bestudeer om die diepere betekenis van die Skrif te ontdek en toe te pas in ons lewens. Dit is 'n geestelike oefening wat fokus op die volgende aspekte:

1. Waarneming:
Hierdie stap behels die lees van 'n Bybelgedeelte.
Die waarneem van die woorde, sinstrukture, en temas in die teks.
Dit help jou om te sien wat in die Bybel staan.

2. Interpretasie:
Na waarneming, verstaan jy wat die skrywer bedoel het.
Jy vra vrae soos: Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld?

3. Toepassing:
Hierdie stap fokus op hoe jy dit wat jy geleer het, in jou lewens kan toepas.
Dit gaan oor praktiese implikasies en verandering van gedrag.

4. Verklaring:
Jy deel jou insigte en openbarings met ander.
Dit kan deur gebed, gesprek, of skriftelike notas geskied.

“POWER HOUR” het 'n unieke benadering, wat fokus op die dieper begrip van die Bybel en die praktiese toepassing daarvan.

DONDERDAE 19:00