nuus
merchandising


Hempies

Hierdie hempies is verkrygbaar in 5 afbeeldings van kindergrootte tot volwasse grootte. Die pryse is soos volg:
Volwassene: R150.00
Kinders: R100.00

Vir bestellings kontak Madelein Louw by 060-7815417




Gebedsaksie "vroue met 'n visie'"


Vroue met ʼn Visie het by die ingange van ons dorp saam gebid en 'n gebedsmuur rondom ons dorp gepleit. Ons het op 6 Mei 2023 om 10 uur by die kerk bymekaar gekom en vandaar saam gery na die ingang van Dwarskersbos, die Hawe Muur, Port Owen, anderkant die brug - by die ingang en na De Plaat. Ons het op al hierdie punte gebid en ons vlae geswaai vir Jesus opmaat van goeie musiek.

gebedsaksie


uitreik


Gemeenskap Uitreike

Gemeenskap Uitreik is 'n aktiwiteit waarin 'n groep mense saamwerk om hulp, ondersteuning, of diens aan ander te bied. Dit is 'n manier om praktiese uitlewing van diensbaarheid te bevorder en 'n verskil in die gemeenskap te maak.

'n Gemeenskap uitreik is 'n geleentheid om liefde, ondersteuning, en praktiese hulp aan ander te bied. Dit is 'n manier om Jesus se opdrag om 'n verskil te maak, in die praktyk te bring.
Deur Gemeenskap Uitreike word die Evangelie aan die gemeenskap verkondig.
Die gemeenskap besef ook dat die kerk vir hul omgee en ook in hul belangstel.




Leierskap Opleiding

Leierskapsopleiding by ons gunsteling plek - Riviera Hotel & Chalets. Dankie aan Ian, van CapacityChange, wat al ʼn jaar lank met ons ʼn pad stap om ons bestuur te belyn en verfyn. Sonder opleiding van ons leiers kan ons nie ʼn effektiewe bediening wees nie. Dankie julle almal wat met ʼn oop, en opleibare gesindheid, kom deelneem het. Julle is die beste

BAS, maak vas julle veiligheidsgordels - ons het soveel in stoor om meer en meer siele vir Sy koninkryk te wen. Alles vir Hom - ons gehoor van Een!

opleiding


evangelisasie


Evangelisasie

Evangelisasie is die verspreiding van die evangelie (die goeie nuus) aan mense wat nog nie bekend is met Christus nie.

Dit het as doel om mense tot bekering te bring en hulle te lei tot 'n persoonlike verhouding met God.

Ons span baie hard aan die werk!! Mag die Heer jul mooi harte seen en mag Sy goedheid en guns jul vergesel.




Dansgroep

Ons dansgroep het vannaand langs die see gaan lofprys en aanbid.
Wat ʼn voorreg om ʼn snikhete warm dag so in Sy teenwoordigheid te kon groet.
Dit was so heerlik en spesiaal julle.

dansgroep


care for carers


Care for the Carers

“Care for the Carers” oggend by ons gunsteling plek Riviera Hotel & Chalets. Was heerlik om diep interaksie met ander lede van ons eie versorgingspan, ds Elize en haar span en pastoor Jan en Dina, te kon hê.




Manne Ontbyt

BAS die Here se guns is op julle. Koester en beskerm dit. Hy het hierdie moontlik gemaak vir Velddrif. Dankie vir elkeen se harde werk.
Dankie Piet! Jy het ons so geseën. Mag die Heer se goedheid en guns voor jou uit beweeg en jou styf vashou.

manneontbyt


skoonmaak


Dorpskoonmaak Projek | Skoonmaak met trots!

Baie dankie aan al die helpers en volwassenes wat so getrou help.
Dankie vir die mooi voorbeeld wat julle vir ons dorp is.
Dankie aan die borg wat almal bederf het met ʼn heerlike maaltyd.
Dankie Bergrivier Munisipaliteit wat elke keer so getrou die sakke vir ons optel en wegry.
Dankie Trudy en Peter - hierdie is julle hartsprojek.
Die kinders leer diensbaarheid, evangelisasie en trots wees op hul omgewing.
Mag Sy goedheid en guns julle vergesel en die paaie vir jul gelykmaak.




Vissermans Dankseggings Diens 2023

Sjoe wat 'n pragtige, Goddelike, diens was dit nie. Propvol met mense van verskeie denominasies wat almal saam kom stil raak het in 'n eenheid om ons liewe Heer te bedank.
Die mooiste, bemoedigende, boodskap is gebring wat soveel se trane laat loop het. Dit was regtig inspirerend, opbouend en bemoedigend.
Van vroeg af het gewillige hande van oral kom help om alles reg te kry en weer om alles op te ruim. Julle bly maar net die beste klomp .

danksegging