Bergrivier Aanbidding Sentrum

met
Dr. Christopher & Comien Horn

logo


Bergrivier Aanbiddings Sentrum


Wie is ons


In hierdie Weskus gemeente verwelkom ons God die Vader, Seun en Heilige Gees. Hier is almal welkom.
Met liefde, aanbidding, lofprysing en samesyn, wil ons die Here loof, prys en dien en ons BAS familie toerus om onder die leiding van Die Heilige Gees "vissers van mense te maak"





~ BAS Waardes ~


Verantwoordbaarheid

Verantwoordbaarheid

Ons doen altyd ons deel
Ons is toegewyd aan ons werk
Ons is betroubaar en doen wat ons belowe
Ons is altyd eerlik
Ons is gedissiplineerd en woon Dienste by

Vertrou

Vertrou op GOD

Die Heilige Gees inspireer altyd ons optrede
Ons BID oor ALLES
Ons duld nie ongoddelike optrede nie
Ons is positief
Ons ondersteun mekaar



Wees Liefde

Wees Liefde

Ons is geduldig
Ons wys ons gee om
Ons skinder nie
Ons is nie bevooroordeeld nie
Ons is nie skynheilig nie

eenheid

Saam'n eenheid

Ons beskerm mekaar
Ons het vrede tussen ons
Ons is getrou "committed" tot ons werk
Ons handhaaf vertroulikheid waar nodig soos ooreengekom



higiene

Persoonlike Voorkoms

Ons persoonlike higiëne is vars en skoon
Ons is netjies en toepaslik aangetrek
Ons voorkoms ondersteun die beeld van BAS vir die mense wie ons bedien


Ons is in Velddrif

"Velddrif is 'n klein dorpie in die Bergrivier Munisipaliteit, Weskus Distrik, Wes-Kaap Provinsie in Suid-Afrika. Dit lê ongeveer 160 kilometer noord van Kaapstad en sowat twee kilometer van die monding van die Bergrivier in die Atlantiese Oseaan. In 2011 het die dorp 11,017 inwoners gehad.

Die naam Velddrif het ontstaan toe 'n boer, Theunis Smit, sy vee op 'n stuk grond (afrikaans: veld) aan weerskante van die Bergrivier laat wei het en die diere via 'n drif (wat 'n kunsmatige brug is wat mense en diere in staat stel om 'n rivier of spruit oor te steek terwyl die watervlak laag is) van die een kant na die ander kant beweeg het.

In 1899 is daar 'n veerboot met die hand gebou om goedere oor die rivier te vervoer. Met die oprigting van 'n inmaakfabriek aan die begin van die 20ste eeu, het hierdie nedersetting ontstaan wat amptelik in 1946 as Velddrif bekend gestaan het. In 1960 het dit stadstatus gekry. Vandag is Velddrif bekend vir sy vishandel, en die beroemde “Bokkomlaan” is 'n gewilde toeristebestemming.

location




kerk


Ons Kerk Gemeenskap

Ons is die vriendelike gemeente in die hartjie van die Weskus.
Ons hou elke Sondag diens om 9:00 die oggend.
Die adres is Dippenaarslot, Kerkstraat 27, Veldrif-industriële area (oorkant Velddrif/N7 Bande)

WhatsApp: 082 856 8410




Waarom is ons hier?

Bergrivier Aanbidding Sentrum is 2020 gebore nadat verskeie mense ‘n behoefte uitgespreek het vir ‘n plaaslike pinkster gemeente. Pastoor Christopher en Comien Horn het in Velddrif kom “aftree” nadat hulle 14 jaar en 3 maande by PPK Lakeside herderspaar was. (Voorheen het hul 11 jaar 'n bendebediening op die Kaapse Vlakte gehad.) Ons sien uit na 'n mooi toekoms met nuwe herinneringe van Bergrivier Aanbidding Sentrum.
Kom en sluit aan!




Bemoedigende boodskap