jeug


BAS Jeug Besoek aan Senior Burgers


Grace Medical Centre, 1 Mei 2024

Op hierdie vakansiedag, terwyl baie mense besluit het om te rus en op hulself te fokus, het dié groep besluit om uit te reik na plaaslike bejaardes. Hulle het gediggies voorberei en blomme gaan uitdeel, maar die bejaardes het meer gesoek en die span het vir hul meer gegee. Hulle het gedans en gesing en drukkies uitgedeel. Die gesigte van almal spreek boekdele. (Gesiggies van bejaardes nie geplaas nie.) Dankie vir ons jeugleiers wat ons kinders so mooi lei. Julle leer hierdie kinders soveel onselfsugtigheid. En julle is heelpad by. Ek het nie woorde vir julle nie behalwe DANKIE en ek is so trots op julle









Jeug Byeenkomste

Ons bied jeug byeenkomste aan op alternerende Vrydae van:
Graad 1 tot 3: 17:00 tot 18:00 uur
Graad 4 tot 7: 18:00 tot 19:00 uur
Senior jeug: 18:00-19:00 uur

Onderwysers word op ‘n vrywillige basis gebruik en is elke Vrydag aan diens.
Navrae oor dit kan gerig word aan Chrisma via WhatsApp op nommer 061 4521744
Registrasie is nie verpligtend nie. Jeug kan net aansluit by die groep.

jeug





Covid en ons Jeug

Ons JEUG se pragtige projek oor wat Covid aan hulle gedoen het, nou al weer 'n paar jaar terug.
Dankie Carin vir jou leiding.
Hierdie video het vanoggend sluise oopgemaak.